͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ 
Is this email not displaying correctly? View it in your browser.

Jesus het opgestaan – hoe verander dit jóú lewe?

April 2026

Paasfees is verby. Die groot oomblik van die kruis en die leë graf lê nog vars in ons gedagtes. Maar nou kom ’n ander soort tyd: ’n wagtyd. Die 40 dae van Jesus se Opstanding tot Hemelvaartsdag (14 Mei) en 10 dae verder tot Pinkster (24 Mei).


Dit is nie net kalenderdatums nie, dit is ’n tyd wat ons help om die volle betekenis van Jesus se werk te ontdek: Hy het opgestaan, Hy regeer, en Hy stuur sy Gees.

Hierdie is ’n tyd waarin ons weer vra: Wat beteken dit dat Jesus werklik leef? En wat verander dit in my lewe, hier en nou? Hierdie Kruispad-uitgawe wil jou juis in daardie wagtyd ontmoet.


Elke artikel vat een deel van hierdie groot waarheid vas: dat Jesus leef – en dat dit alles verander. Van hoop in teleurstelling, tot ’n ewige toekoms, tot die werklikheid van die Heilige Gees wat in jou werk.


Moenie hierdie artikels net lees en aanbeweeg nie. Lees dit stadig. Vat een op ’n slag. Gaan kyk die Bybelgedeeltes self. Dink daaroor. Bid daaroor. Laat dit jou eie lewe begin raak.


Mag hierdie artikels jou help om dieper te sien en verder te kyk as net jou omstandighede, maar na die ewige wat Jesus vir ons kom voorberei het.  


Tot volgende maand,
Wilna Myburgh
Kruispad-redakteur



Ons het hoop want Jesus leef!

Die Emmauspad wys vir ons iets verrassends: Jesus stap saam, selfs wanneer ons Hom nie herken nie. Hoop begin by die waarheid dat Hy leef! Lees hier meer.


God gee ons die ewige tyd

Voel dit of tyd jou vasdruk? Die Bybel sê daar is meer as net hierdie lewe. Leer uit Prediker en die Opstanding hoe Jesus die mag van tyd gebreek het. Lees hier.



Wat doen jy as jy twyfel in jou geloof?

Tomas se aanvanklike twyfel in Jesus se opstanding wys ons dat Jesus ons nooit wegstoot nie. Lees hier hoe Jesus ons twyfel hanteer en ons help om ons geloof te groei.



Lewe in die wete van jou ewige toekoms

Die dood voel soos ’n einde. Maar vir gelowiges is dit nie. Jou lewe het ’n bestemming — en jou toekoms is veilig in Hom. Lees hier.



Laat die Hemelvaart jou lewe lei

Jesus het gekom, gesterf, opgestaan en opgevaar. Hy regeer! Wat beteken dit vir jou lewe vandag? Lees hier.



Die Heilige Gees woon in jou

Party dae voel dit of jy alles self moet dra. Maar Pinkster leer ons anders: God is nie net by jou nie, deur sy Heilige Gees is Hy in jou. Jy is nooit alleen nie. Lees hier.

Romeine Bybelstudieboeke
’n Reis deur Romeine

Hierdie 20 Bybelstudies bestudeer die 16 hoofstukke van die boek Romeine. Ons het nie meer harde kopieë by die Admin Buro nie, maar jy kan dit elektronies aflaai hier.

Deel die blye boodskap!

Wil jy hierdie e-tydskrif in jou kerk se nuusblad plaas of dit aanstuur? Klik op hierdie skakel om ’n PDF-dokument af te laai, met skakels na die onderskeie artikels, wat jy dan kan gebruik. Kyk ook op ons webwerf: Elke artikel het ’n druk-opsie dat jy dit kan aflaai of uitdruk. Jy kan ook die artikels per e-pos of selfs Whatsapp deel!

If you would like to unsubscribe, please click here.