͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ ͏‌ 
Is this email not displaying correctly? View it in your browser.

Fokus op die koninkryk van God

Matteus 6 vers 33

Hoe en wat dink jy oor die koninkryk van God? In die Evangelies lees ons op byna elke bladsy van die koninkryk van God. Die onderwerp van Jesus se heel eerste preek, toe Hy met sy openbare prediking begin het, was: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.”



As Jesus preek, dan bring Hy die boodskap van sy koninkryk. Dit is die kern van Jesus se verkondiging. Jesus se gelykenisse gaan oor die geheimenisse van sy koninkryk. Lukas 8:10 maak dit duidelik. As Jesus ons leer om te bid, wat beveel Hy ons onder andere? Dat ons moet bid: “... Laat U koninkryk kom,” (Matteus 6:10).

En vir ons wat ons bekommer oor wat ons sal eet en aantrek sê die Here: “soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word,” (Matteus 6:33). Jesus word gekruisig en wat staan daar profeties bo-aan die kruis geskrywe? “Jesus, Koning van die Jode!"



Toe Jesus opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel het Hy sy apostels agtergelaat. In Handelinge 19:8 lees ons: “Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig.” Dit is baie duidelik: ons moet deurentyd en altyd gemoeid wees met die koninkryk van God. Ons moet, inderdaad in die woorde van ons Here, die koninkryk van God soek.



Ds. Marnix Boersema (Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet)

Kolossense 1 vers 13



Vestig jou oë op die ewige koninkryk van God

God belowe die volmaakte koms van die koninkryk. Verstaan jy wat die koninkryk van God is – nou en vir ewig? Lees hier.

Matteus 7 vers 24


Die bergrede as die grondwet van God se koninkryk

Verstaan jy hoe die bergrede ons riglyn vir die lewe is? Lees hier wat dit vir ons sê oor hoe ons as burgers van God se koninkryk moet lewe.



Vraag en Antwoord 123 Sondag 48



Hoekom bid ek dat die koninkryk moet kom?

Die Heidelbergse Kategismus verduidelik ons hoekom ons moet bid dat die koninkryk van God sal kom. Lees hier meer.

Markus 10 vers 25 tot 26


Hoe gaan ek die koninkryk binne?

Dis belangrik dat ons nie net die koninkryk van God moet verstaan nie, maar ook weet hoe ons daarby inpas. Lees hier wie die koninkryk van God binnegaan, en hoe.

Johannes 18 vers 36



Jesus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie

Wanneer Jesus met Pilatus praat, sê Jesus dat Hy wel ’n koning is, maar sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie. Lees hier wat dit beteken en van die wonderlike troos wat daarin lê.

Matteus 4 vers 17



Jesus gee die opdrag: Kom tot bekering!

In Matteus 4:17 lees ons: “Bekeer julle, want die koninkryk het naby gekom!” Lees hier wat dit beteken dat die koninkryk naby gekom het.

Deel die blye boodskap!

Wil jy hierdie e-tydskrif in jou kerk se nuusblad plaas of dit aanstuur? Klik op hierdie skakel om ’n PDF-dokument af te laai, met skakels na die onderskeie artikels, wat jy dan kan gebruik. Kyk ook op ons webwerf: Elke artikel het ’n druk-opsie dat jy dit kan aflaai of uitdruk. Jy kan ook die artikels per e-pos of selfs Whatsapp deel!

Facebook
Instagram
Twitter
If you want to unsubscribe, click here.